Site icon Book Hub

Daka (Junie 2024, Sagteband, 288 pg) Jaco Strydom

Dis moeilik om te glo dat so iemand rerig bestaan, sou die mense later se. Onwetend hoe vreemd sy ware storie eintlik is. Want dit was ‘n waterwese wat hy as kind in ‘n droom raakgeloop het, wat hom gelei het na die spikkel op ‘n kaart, Noord van Lamu.

Met ‘n nuwe naam was hy op soek na lewe na die dood. En soos met amper elke ware ontdekkingsreis, sou sy vlugtog oor land en see ook na ‘n afgelee eiland lei. ‘n Plek waar hy uiteindelik alleen kon wees, weg van alles en almal. Of so het hy gedink.

Sy lewe was nie een lang uitgerekte storie nie, maar eerder ‘n bondel erg teenstrydige verhale, in chaos verweef. Van hulle naief en selfs onskuldig. Van hulle wreed en donker en verskriklik en boos . . . en van hulle, so beautiful soos die bewegings van Lamu se laaste doegong.

Exit mobile version