Site icon Book Hub

Deborah – Davelvroue 4 (Mei 2023, Sagteband, 312 pg, Fiksie, Liefdesromans) Chanette Paul

Die een soort man wat ’n wildewragtig argeoloog nie mag liefkry nie, is ’n oudhededief.

Haar pa sê sy’s ’n wildewragtig. En Deborah ís versot op argeologiese opgrawings. Sy dra graag haar boetie se klere. Maar beeldskoon en pure vrou, dié is sy.

Die argeoloog Heath Hughes leer haar as Doepie ken. ’n Jong seun, glo hy. Maar hy ontmoet ook vir Deborah. En altwee herken onmiddellik die intense aangetrokkenheid tussen hulle.

Saam beland hulle by die Zimbabwe-ruïnes waar hulle opgrawings doen – Deborah vermom as Doepie. Sy weet sy het hierdie blonde man lief, maar hoor dat hy eintlik ’n leuenaar is en die vondste vir eie gewin hou. Hy’s ’n dief, oneerlik, en die vrou in haar weet nie waarheen met haar liefde nie.

Exit mobile version