DIE OSEAAN TUSSENIN (April 2023, Historiese Fiksie, Sagteband, 288 pg) JEANETTE STALS

Hierdie is ‘n voorafbestelling, publikasie einde April 2023. Jou volledige bestelling sal slegs versend word wanneer voorraad van hierdie boek beskikbaar is.. ’n Familie veg op alle fronte terwyl hul wêreld in duie stort. Lees meer hieronder.

JEANETTE STALS

R290.00

Available on back-order

Description

Oorlog verswelg die Boererepubliek. Huise word verwoes, landery word verbrand, en vroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou.

Pieter Nel lei ’n kommando bittereinders in ’n desperate opstand teen die Britse ryk. Hulle off er alles op vir ’n vrede wat dalk nooit gaan kom nie, vir ’n huis wat hulle dalk nooit weer gaan sien nie.

Intussen moet Katrina Nel baklei om haarself en hul kinders aan die lewe te hou namate die toestande in die konsentrasiekampe al hoe hagliker word. Hier word haar lewe onlosmaaklik vervleg met dié van die ander vroue, die hanskakies wat die vyand help om die kampe te bestuur, en die Engelse offi sier wat haar hart wil wen.

Wag daar lewe of liefde anderkant die oorlog?

In Die oseaan tussenin keer Jeanette Stals terug na historiese fi ksie, met ’n oortuigende en gedetailleerde uitbeelding van ’n aaklige hoofstuk uit ons land se geskiedenis. Die boek tref ’n uitstekende balans deur beide Pieter en Katrina se perspektiewe op die oorlog uit te beeld. Lesers volg vir Pieter die veld in, gaan saam op klopjagte teen die Engelse, sien sy gevangenisskap en uiteindelike ballinskap in Ceylon. Aan die teenkant sien lesers ook die meer intieme uitbeelding van die moeilike lewe in die kampe, en die klein persoonlike
dramas wat daar uitspeel tussen die gemeenskap vrouens, kinders, hanskakies, en soldate wat opgeswiep word in ’n storie wat baie groter as hulle almal is.

Die Skrywer:  Afgetree uit die onderwys, en werksaam as toergids en gastehuiseienaar, konsentreer Jeanette Stals op haar skryfwerk. Omdat sy graag misdaadfi ksie lees, begin sy haar toespits op die spanningsgenre. Haar eerste boek in die reeks met Luna Joubert as hoofkarakter, Katoog, verskyn in 2016. Sedertdien skryf sy ook romanses en historiese fi ksie en raak sodoende gewild onder ’n diverse verskeidenhed lesers..