Helene de Kock Keur 8 (Liefdesverhale, Feb 2023, Sagteband, 448 pg) Helene de Kock

Dit is ‘n voorafbestelling, publikasiedatum 24 Februarie 2023. Jou volledige bestelling sal eers versend word sodra die voorafbestelboek beskikbaar is. Abel se dogters, Soetwyn vir ‘n Sondagkind – Helene de Kock Keur 8 sluit in ’n Oos-Vrystaatse familiesage en een van haar wynlandromans. Lees meer hieronder.

Helene de Kock

R290.00

Available on back-order

Description

Abel se dogters, Soetwyn vir ‘n Sondagkind. Helene de Kock Keur 8 sluit in ’n Oos-Vrystaatse familiesage en een van haar wynlandromans.

In Abel se dogters smag Abel Buitendag se dogters na meer warmte en kontak. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos hulle een vir een die huis verlaat en deel word van die groter wêreld, gryp die lewe hul met woede en vreugde vas. Hulle ervaar die mooi, en ook die bitterheid, wat liefde bring. Adelien bevind haar skielik op ’n plek waar sy dringend haar eie hart moet leer ken. Bernadette loop ’n pad wat geen vrou ooit self sal kies nie. En Christelle kan eenvoudig nie haar jeugliefde vergeet nie.

Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar stiefpa se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studie in die buiteland, het dinge verander.

Oor die skrywer: Helene de Kock het aan die Rand grootgeword, aan die Universiteite van Pretoria en Noordwes gestudeer, en aan verskeie konservatoria onderrig in sang ontvang. Helene het ’n PhD in skryfkuns en is ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy skryf voltyds en woon in Pretoria. Daar het reeds talle romans uit haar pen verskyn.