Description
Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan. Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.
François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon. François is ‘n vryskut-taalpraktisyn en woon in Durbanville.,De Wet Hugo is ‘n laerskoolonderwyser en werk al vir meer as ‘n dekade by ‘n Britse Internasionale Skole in Asië – eers in Saoedi-Arabië en nou in China. Kleinmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy is die bekende skrywer van die Grilgrypers- en Kies-jou-avontuur-reekse, asook Katastrofe.