Description
Reis saam na die Nimmer-Immer-Bos waar ‘n durende wereld van stories op lesers, jonk en oud, wag. Hier is sestig verhale, byeengesoek en oorvertel deur sprokiesliefhebber en samesteller van kinderboeke Linda Rode. Die verhale is so beplan dat die kleintjies vir wie daar voorgelees word, sowel as ouer kinders wat self lees, ewe veel plesier aan die titel sal he. Dis ‘n omvattende bundel wat die kind se belewing van die wye wereld van sprokies en ander folklore sal verruim. Kort brokkies kommentaar aan die einde van elke storie dui die lande van oorsprong aan en plaas die verhale uit Afrika, Europa, die Ooste en ander werelddele in konteks met mekaar.