Kwaaiwater (September 2023, Sagteband, 384 pg) Irna van Zyl

Deur die skrywer van Moordvis en Bloedsteen. Storm is terug, en op haar hakke is Moerdyk, alweer. Kwaaiwater  is die blitsverkoperskrywer Irna van Zyl se vyfde spanningsroman.  Die grootste uitdaging van haar loopbaan wag op speuradjudant Storm van der Merwe. Die kusdorp Hermanus hou vir die eerste keer ooit ’n skrywersfees, min wetende daar is ‘n moordenaar wat skuil tussen die bosse. Drie dae, drie vroue . ..  Lees meer hieronder.

Irna van Zyl

R330.00

Available on back-order

Description

Die grootste uitdaging van haar loopbaan wag op speuradjudant Storm van der Merwe. Die kusdorp Hermanus hou vir die eerste keer ooit ’n skrywersfees. Deel van Storm se verpligtinge is om by die gemeenskapsaal kywie te hou.

Maar toe daag die sterskrywer van die dorp nie op vir haar sessie nie. Haar liggaam word in Kwaaiwater se Mosselrivier gevind. 24 uur later kom ’n visterman af op nóg ’n lyk – weer ’n vrou, dié keer jonk en swart. En dan is daar ’n derde slagoffer.

Drie dae, drie vroue . ..