Description
Allerlei herinneringe kom by Pippa op. Sy stoei om dit wat met haar gebeur het, te verwerk. Sy bepeins haar gene, haar keuses, die aard van familie en verantwoordelikheid. Ook besin sy oor die betekenis van vlietende geluk en verlore kanse.
Die leser beleef Pippa se verhaal deur verskeie kunsvorme en kleurspatsels wat reliëf aan haar emosies gee. Kreatiewe skryfwerk word die luik waardeur Pippa begin om weer asem te haal. Dit eggo die veelvlakkigheid van die menslike kondisie in die ontplooiing van ‘n skoenlapper se groei vanuit ‘n papie na ‘n veelkleurige kaleidoskoop met visueel-poëtiese rykheid.