Nostalgie (Oktober 2023, Sagteband) Herman Lensing

Dit is ‘n voorafbestelling, publikasie 15 Oktober. Let daarop dat ons volledige bestellings stuur. As u bestelling ‘n voorafbesteltitel bevat, sal u volledige bestelling gestuur word sodra al die voorraad beskikbaar is.

Nostalgie bevat meer as 80 resepte, van bykos tot hoofgeregte; van brood tot kos uit jou yskas; van kos van die kole af tot vleisgeregte, en van vakansiekoekies tot nageregte. Elke hoofstuk weerspieël Herman se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel.  Lees meer hieronder.

Herman Lensing

R360.00

Available on back-order

SKU: 9781485901617 Categories: , , Tag:

Description

Nostalgie is Herman Lensing se agste kookboek en volg op die uiters suksesvolle Huiskos in 2021, wat vir ’n Gourmand-toekenning benoem is, en Dit Proe Soos Huis, wat in 2019 verskyn het.

Herman se laaste boek in die trilogie vertel – in sy eie woorde – die storie van sy lewe tot op 36 jaar. Die eerste proe of geur van kos laat jou terugdink en verlang – dit bring NOSTALGIE. En om met kos ’n oorgang van die verlede na die hede te bring is vir Herman belangrik. Nostalgie is nes jy Herman se kombuis ken: Hy gebruik kos om mense te laat onthou en te verenig.

Nostalgie bevat meer as 80 resepte, van bykos tot hoofgeregte; van brood tot kos uit jou yskas; van kos van die kole af tot vleisgeregte, en van vakansiekoekies tot nageregte. Elke hoofstuk weerspieël Herman se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel.

Die Skrywer: Herman Lensing het in Upington in die Noord-Kaap grootgeword. Hy het as sjef van die Institute of Culinary Arts (ICA) op Stellenbosch gekwalifiseer, en is op die jong ouderdom van 22 in 2009 as kosredakteur van die tydskrif Sarie aangestel.  Sedert 2017 is hy ook die redakteur van Sarie Kos. Herman is ’n bekende TV-persoonlikheid vanweë sy gewilde reekse soos Inspirasiekos met Sarie, Okkasie Inspirasie, Dit proe soos huis, Herman se mikro-geheime en Herman se kortpaaie op DStv se leefstylkanaal, VIA.  Deesdae woeker Herman ook agter die skerms en was deel van die vervaardgingspanner vir M-Net se MasterChef Suid-Afrika 2022 en vir kykNET se Kokkedoor Vuur & Vlam 2023. Herman het al talle pryse gewen, waaronder die gesogte Galliova-toekenning as SA se topkosskrywer in 2010, 2017 en 2022. Sy sewe kookboeke was almal topverkopers en die laaste boek, Huiskos/Home Cooking, is ook benoem vir ‘n Gourmand-toekenning.