Sale!

Tamara – Davelvroue 1 (Mei 2023, Sagteband, 312 pg, Fiksie, Liefdesromans) Chanette Paul

Nou beskikbaar. Die Davel-reeks is een van Chanette Paul se mees geliefde reekse. Oor sewe boeke, wat afspeel tussen 1899 en 1938, vertel sy van sewe verskillende Davel-vroue, wys hulle soeke na tuiste, betekenis en liefde teen die agtergrond van ’n veranderende Suid Afrika. Met Tamara lê sy die fondasies vir die reeks in die geskiedenis, en wys hoe twee jongmense moet baklei teen elke denkbare struikelblok om by mekaar te kan wees. Lees meer hieronder.

Chanette Paul

Original price was: R280.00.Current price is: R260.00.

Available on back-order

Description

’n Oorlog, bitterheid en ’n heilige belofte staan in die weg van hulle liefde.

Hul liefde vir mekaar skrei teen God en mens. Joshua Davel is Tamara se halfbroer, Groot Dawid se oudste. Maar Tamara wéét – hulle hoort saam, so was dit van die skepping af bedoel. Al stry Joshua ook hóé daarteen. Al soek hulle vir haar man. Tweede beste sal nooit goed genoeg wees nie.

Toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek, bly Tamara alleen op die plaas agter. Maar die vraag bly spook: Is Joshua Groot Dawid se bloedseun? Ma Saar weet van sy geboorte, maar sy mag nie praat nie …

Wat word van haar liefde as die oorlog die antwoord insluk? As Groot Dawid dit nie oorleef nie? En waar is ma Saar?