Twa die tydloper (Februarie 2024, Sagteband, 304 pg) Anoeschka von Meck

Dit is ‘n voorafbestelling, publikasie Februarie. Neem asseblief kennis dat ons volledige bestellings stuur. As jou bestelling ‘n voorafbestellingstitel insluit, sal jou volle bestelling versend word sodra alle voorraad beskikbaar is.  ‘n Aangrypende storie gebaseer op ‘n regte gesin wat in die woestyn woon … hierdie boek is die eerstse langverwagte roman deur Anoeschka von Meck in vier jaar.  Lees meer hieronder.

Anoeschka von Meck

R310.00

Available on back-order

SKU: 978776380442 PRH Categories: , ,

Description

“Ons is nou te ver om gedane sake om te draai, maar as jy vandag hier met my saam-kom, moet jy weet daar gaan ‘n geheim op jou skouers kom rus wat nie vir tjenners bedoel is nie”.

Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde le nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal he om hul toekoms te gaan haal.

Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ‘n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ‘n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil.

Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ‘n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ‘n magiese plek word. Hier maak tyd soms ‘n deur agtertoe oop …

Twa die Tydloper is ‘n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe oe na die wereld om hulle sal laat kyk.

DIE SKRYWER: Anoeschka von Meck woon aan die voet van die Hantamberge, waar tyd vryevoet maak. Dikwels wanneer sy in die veld loop, kan sy nog in talle kinderdinge glo.