Vuurvoël (April 2023, Sagteband, 288 pg) Elmarie Viljoen-Massyn

Nou beskikbaar. Stella Mertens is ná ’n dekade in Brussel terug in Bloemfontein. In haar tas is twee belangrike items: ’n foto van haar ma soos sy was voor die kliniese studie vir skisofrenie waaraan sy ’n deelnemer was, en ’n brief van ’n fluitjieblaser oor wanpraktyke in dié einste studie, gepleeg deur Experior, Stella se nuwe werkgewer. Donker geheime word ontrafel wanneer die twee oënskynlik uiteenlopende wêrelde van Big Pharma en ’n Serwiese dwelmkartel paaie kruis. Lees meer hieronder.

Elmarie Viljoen-Massyn

R300.00

Available on back-order

Description

Stella Mertens is ná ’n dekade in Brussel terug in Bloemfontein. In haar tas is twee belangrike items: ’n foto van haar ma soos sy was voor die kliniese studie vir skisofrenie waaraan sy ’n deelnemer was, en ’n brief van ’n fluitjieblaser oor wanpraktyke in dié einste studie, gepleeg deur Experior. Stella se nuwe werkgewer.

Mark Dejongh, direkteur van Experior, is op reis uit Chicago vir ’n besoek aan hul Bloemfonteinse tak. Hulle is midde-in ’n studie waarin ’n deurbraak-salf vir letsels getoets word. Indien die studie vlot verloop, is daar reuse-kontrakte in die pyplyn.

Riaan Steytler, bestuurder by dié tak, ontvang ’n boodskap dat sy voormalige pel Branko, klubeienaar in Kaapstad, op pad is om te kom kuier. Waarom, weet hy nie. Al wat Riaan weet, is dat hy dieper as kniediep in die gemors is.

In Elmarie Viljoen-Massyn se debuutroman, Vuurvoël , word donker geheime ontrafel wanneer twee oënskynlik uiteenlopende wêrelde van Big Pharma en ’n Serwiese dwelmkartel paaie kruis.

Oor die skrywer
Elmarie Viljoen-Massyn is in 1976 in Pietermaritzburg gebore. Sy het nagraadse kwalifikasies in forensiese linguistiek, taalpraktyk en sielkunde. Sedert 2008 werk sy voltyds as vryskut-taalpraktisyn. Van haar verse verskyn in Nuwe stemme 6, New Contrast en Stanzas. Vuurvoël is haar debuutroman. Sy woon in Bloemfontein saam met haar man.