Description
Daar is geen towerformule om wysheid te bekom nie. Dit vra ʼn leeftyd se dag-tot-dag-toewyding en soeke na die ware wysheid. Dit vra dat ons met ons oor op die grond sal leef, in afwagting op God se stem wat ons leer hoe om ware wysheid – die wysheid wat van Hom kom – te verkry. In hierdie 366 dagstukkies neem bekende skrywer Lizette Murray ons hand en lei ons na Hom toe, die bron van Wysheid, en help ons om met wysheid te leef, in ons alledaagse bestaan.
Lizette Murray, oud-onderwyseres en ma van vyf seuns, begin ná die dood van haar middelseun ernstig skryf. In 2008 word sy vir ’n ATKV-woordveertjie benoem. Sy is het al verskeie kinder-, inspirasie- en dagstukkieboeke geskryf. Sy woon in Stellenbosch saam met haar man George en het ses kleinkinders.