NV: In die teenwoordigheid van die Allerhoogste (Sagteband, 384 pg) Stephan Joubert

In die teenwoordigheid van die Allerhoogste is geskryf vir mense wat op soek is na die rus wat die Here gee, al leef ons in ‘n gejaagde wêreld. ‘n Lewe van innerlike vrede is vandag nog moontlik. Daardie vrede wat jou elke dag soos ‘n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ‘n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ‘n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ‘n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. In die teenwoordigheid van die Allerhoogste uit die pen van die bekende en immergewilde Stephan Joubert is ‘n gids wat Christene tot reg by die Vader se voete sal bring. Hier sal hulle sielsvrede kan vind en hul ware identiteit as kinders van die Allerhoogste in oorvloed kan uitleef. In hierdie boek roep Stephan Joubert mans en vrouens se harte terug na die teenwoordigheid van die Allerhoogste waar hul gewortel in geloof langs God kan leef en floreer, ten spyte van die gewoel in die wêreld.

Stephan Joubert

R250.00

Available on back-order

Description