NV Augustus: DIE BYBEL: WOORD VAN GOD? (Sagteband, 184 pg) Mike Reyneke

‘n Kritiese evaluering van die Bybel as die Woord van God al dan nie.

Of mens die Bybel letterlik kan opneem en of dit werklik die onfeilbare Woord van God kan wees, is ‘n baie aktuele en sensitiewe onderwerp waarop gelowiges doodeenvoudig net nie klinkklare antwoorde kan kry nie. Hierdie boek spreek nou hierdie probleem aan met feite wat uit die Bybel self kom. Dit is gewis ‘n boek met talle onthullings. Die skrywer voorsien dat die moderne mens sal aanhou bevraagteken en nie meer alles goedsmoeds net sal aanvaar nie. Dis relevante leesstof vir mense wat rondom die kwessies antwoorde soek.

Pierre Grigor: Die beste boek wat ek nog gelees het wat deur ‘n nie-teoloog oor teologiese aspekte geskryf is … Hierdie boek getuig duidelik van jarelange worsteling en goeie navorsing. Ek wil die skrywer gelukwens met hierdie uitnemende werk. [Voormalige NG predikant wat historiese geskrifte ondersoek]

Jurie van den Heever (Dr.): Die skrywer beskik oor ‘n goeie kennis van die Bybel en sit dit duidelik en breedvoerig uiteen met baie relevante voorbeelde daarby … daar is baie gelowiges wat al oor hierdie vrae gewonder het, maar nie vermoë of dryfkrag gehad het om iets daaraan te doen nie. [Bekende persoonlikheid vir sy deelname aan openbare besprekings oor kwelvrae op teologiese gebied.]

Mike Reyneke wat ‘n senior posisie in die sekulêre omgewing beklee het voor sy aftrede, was net so ernstig oor sy geloof en het hy baie tyd met die Bybel deurgebring. Met verloop van tyd het hy agtergekom dat daar skrifgedeeltes is wat mekaar ernstig weerspreek en hy na meer klarigheid gesoek. Dit het uiteindelik tot die skrywe van hierdie boek gelei.

Mike Reyneke

R240.00

Available on back-order

Description