Verklarende Studiebybel Hardeband Groen 1933/1953-Vertaling

R299.00

Available on back-order

Description

Die Verklarende Studiebybel is ‘n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.
KENMERKE EN UNIEKE EIENSKAPPE
• Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans;
• Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek, wat inligting bied oor elke boek se skrywer, agtergrond, doel en boodskap;
• 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ‘n algemene oorsig bied oor die hele Bybel;
• Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken;
• Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom en tekskritiese notas insluit;
• Volkleur kaarte.
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.