Die Skilpad se Laaste Traan (Afrikaans, Paperback, 176 pg)

Die skilpad se laaste traan is bekroonde skrywer Carol Campbell se derde boek oor die Karoo. Soos haar vorige werk fokus sy sterk op sosiale realisme, maar vir die eerste keer is hier ook magiese realisme, so eie aan die mense oor wie sy skryf.

Carol Campbell

R240.00

Available on back-order

SKU: 9781415210093 Category:

Description

Dis ‘n donker Karoonag en ‘n bebloede vrou hardloop grondpad langs. Iets grusaam het gebeur en Siena weet sy moet by Seekoegat Primere Skool uitkom, daar sal sy veilig wees. Dis baie ver, drie dae met ‘n donkiekar en sy is te voet. Hierdie roman vertel die verhaal van Siena, Boetie en Kriekie, wie se lewens sedert kinderdae nou verweef is. Soos wat Siena hardloop ontmoet lesers die mense in haar lewe: Boetie is verwilderd en verwaarloos, altyd besig met kattekwaad. Sy vriendskap met Siena laat hom egter sy selfwaarde besef. Kriekie is ‘n wrak. Sy ma is ‘n prostituut wat by die stilhouplekke langs die n1 werk en hy het skaars ‘n huis. Wanneer sy ma, Dolly, nie terugkom nie, beland hy deur een vrou se goedhartigheid ook by Seekoegat Primere Skool. Die Karooskilpad se simboliese spore kan deur die hele roman gesien word. Siena se pa, ‘n karretjiemens, het altyd gese dat ‘n skilpad die wysheid van die antieke landskap in hom dra. Daar word geglo dat ‘n skilpad slegs een traan in sy leeftyd stort, die oomblik wanneer hy sterf. Die skilpad se laaste traan is bekroonde skrywer Carol Campbell se derde boek oor die Karoo. Soos haar vorige werk fokus sy sterk op sosiale realisme, maar vir die eerste keer is hier ook magiese realisme, so eie aan die mense oor wie sy skryf.