Site icon Book Hub

Die Taal Van Been (Afrikaans, Paperback, 198 pg) Heilna du Plooy

n Televisieprogram oor die rekonstruksie van skedels dwing Carolien se gedagtes terug na ontstellende gebeure vyftien jaar tevore. En na die vreemdeling wat sy toe geteken het. Die taal van been is ‘n roman oor gewone mense se strewe en verlies en die onthutsende werklikheid wat onder die oppervlak skuil. Dis tegelyk ‘n speurverhaal met ‘n politieke ondertoon, die storie van ‘n kunsdosent wat haar werk deur regstellende aksie verloor en ‘n eiesoortige liefdesverhaal. Uiteindelik gaan dit egter om veel meer. Hierdie roman bly subtiel spook omdat dit dinge se wat die teks verswyg.

Exit mobile version