Description
Na sy pa se dood word Gilbert deur vreemde boodskappe oorval – grootse visioene van skole visse en kontoerlyne van lig. Die visioene noop hom om ‘n reis te onderneem, weg van sy kleindorpse bestaan in Kirkwood, deur die Karoo, Kaap toe.
Gilbert se tog deur die land begin met ‘n doel om betekenis in homself en in die wereld te vind, maar gou word hy in die chaos van ‘n alledaagse, doellose wereld gedompel. Hy kom ook voor ‘n verlede te staan waar sy ma haarself tragies verdrink het en waar sy verhouding met sy pa niks behalwe stormagtig was nie. Oor Gilbert se pad kom ‘n groepie gevangenes, doen hy aan by ‘n musiekfees in die Karoo en kom hy tot rus in Kuilsrivier, waar hy op Katie verlief raak. Maar is die tekens wat hy langs die pad aantref werklik so lukraak? Of is daar ander, groter magte wat sy lot bepaal? Tom Dreyer se Dorado is ‘n magiese boek wat die verbeelding aangryp.