Description
Vir die winterpatrone is meestal akrieldraad gebruik omdat dit nie krap nie en goed was en dra. Die somerkleertjies is met natuurlike draad soos suiwer katoen gehekel. Al die brei- en hekeldraad in die boek is plaaslik vervaardig en maklik bekombaar. Al die patrone word met diagramme toegelig vir die wat dit makliker vind, en die patroonsteke word voor in die boek verduidelik. Daar is iets vir almal, van die beginner tot die gesoute handwerker, sodat elke hekeloomblik genotvol en geinspireerd is.