Hoezit 13 : Die wonderwereld van Seelewe

Ontdek ons oseane met hierdie boek propvol feite en aktiwiteite! Maak van naderby kennis met van die vreemdste visse in die oseaan, verken die wonderwêreld van dolfyne, en ontmoet ’n paar van die gevaarlikste gediertes wat in die see bly! Geskik vir Graad R – 2 Huistaal en Graad 1 – 5 Eerste Addisionele Taal

R95.00

Out of stock

SKU: 9780799383645 Category:

Description

Watter jellievis se gif is dodeliker as ’n kobra s’n? Hoeveel tande het ’n witdoodshaai? Watter soort vis word so groot soos ’n skoolbus? Watter pikkewyn klink nes ’n donkie? Ontdek die wonderlike wêreld van ons oseane met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van seelewe kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Maak van naderby kennis met van die vreemdste visse in die oseaan, verken die wonderwêreld van dolfyne, en ontmoet ’n paar van die gevaarlikste gediertes wat in die see bly! Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis. Geskik vir Graad R – 2 Huistaal en Graad 1 – 5 Eerste Addisionele Taal