Jongliefde: Jy Maak My Gelukkig – Lekker Korter Liefdesverhale! (Afrikaans, Paperback, 452 pg)

Geluk maak jou mooier … Agt novelles met sprokiesmooi-eindes om te help! Skrywers: Madeleine Malherbe, Ernalize du Toit, Antoinette Venter, Malene Breytenbach, Jessica Venter, Marilinda Murray, Madelie Human, Ilde Grove.  Kyk hieronder vir meer inligting …

Madeleine Malherbe, Ernalize du Toit, Antoinette Venter, Malene Breytenbach, Jessica Venter, Marilinda Murray, Madelie Human, Ilde Grove

R150.00

Available on back-order

SKU: 9780799394597 Categories: , , ,

Description

Jy maak my gelukkig is die tweede omnibus (ná Strooisuikerliefde wat in Maart 2019 verskyn) wat onder die Jongliefde-handelsmerk verskyn.

Roekelose harte – Marilinda Murray

Adele is op vakansie om van haar eks te vergeet, nie ‘n plaasvervanger vir hom te kry nie. Maar een kyk in Lance se broeiende blou oë en haar hart vat vlam.

Toe-oë afspraak – Madelie Human

Die skrywer JJ Jooste se suster stel vir hom ‘n assistent sonder sy medewete aan. Eers wil hy niks van dié afspraak weet nie, maar Martinet mag dalk net die vrou van sy drome wees.

Legkaart van die hart – Ildé Grové

Helene moet Lientjie Swart word vir haar eie veiligheid. Sy moet haar familie, werk en vriende verlaat – vir hul veiligheid. Gun die noodlot haar egter ‘n beskermengel in die vorm van Theuns Krige?

‘n Wye, wye horison – Madeleine Malherbe

Stella herstel by die gastehuis Paradys ná die ontnugtering van haar huwelik. Chris kom ondersoek daar naby ‘n vliegtuigongeluk en leer haar weer vertrou. Maar dan daag haar eksman op …

Gelykbreek-liefde – Ernalize du Toit

Behati draai om en sien ‘n man net binne die deur. Dit is onmoontlik om hom mis te kyk en die geur van sy naskeermiddel tref haar onmiddellik. Dit is asof die volle prentjie haar in 4D oorrompel. ‘n Verraderlike rukbeweging ontsnap uit haar bors.

Bie op haar hart – Antoinette Venter

Met ‘n ontwikkelende sangloopbaan en om haar beste vriendin se sopkombuis te ondersteun, het Mika min tyd vir iets anders. Beslis nie tyd vir die skilderydief, Jean-Pierre, wat met die sopkombuis wil help nie. Tog ignoreer haar hart haar prioriteite, maar ‘n ander vrou besit reeds Jean-Pierre se hart.

‘n Liefdeskeuse – Malene Breytenbach

Mona woon die skryfskool by om weer haar skryfvaardighede op te knap. Liefde is die laaste ding op haar prioriteitslys, maar die misdaadskrywer, Winston Webb, trek haar aan en stoot haar weer weg. Waarom voel dit asof haar held twee verskillende persone is?

Beter vir haar hart – Jessica Venter

Richard het jare gelede Melanie se hart gebreek. Maar selfs met ‘n gebreekte hart, was sy steeds lief vir hom. Nou is hy terug en sy voel weer die vrees dat hy nie haar liefde sal beantwoord nie.