Description
Decoupage is een van daardie eeue-oue handwerksoorte wat telkens weer in ‘n nuwe gedaante sy opwagting maak. Die jongste neiging is om decoupage met lap as basis te gebruik vir die versiering van ‘n verskeiden heid voorwerpe, van inkopiesakke tot bedlampies en badkamerteels tot berebokse. Dit is ‘n maklike, prettige manier om enige denkbare ding te hergebruik en te versier volgens idees en tegnieke van verskeie ander handwerksoorte. Hierdie praktiese gids se verfrissende en oor spronklike benadering tot decoupage fokus op die gebruik van lap en tekstielstowwe as dekoratiewe medium. Dit teks is propvol inligting, nuttige wenke en praktiese raad. Gedetailleerde aanwysings, aangevul deur duidelike stap-vir-stap foto’s, verduidelik al die tegnieke wat vereis word om pragtige artikels te skep en professioneel af te werk. Die uitmuntende foto’s van alle voltooide projekte sal enigeen aanspoor om sommer dadelik aan die werk te spring.