‘n Hart is net atome (Sagteband, 176 pg, Tieners) Cecilia Steyn Illustrator: Danielle Albertyn

Cecilia Steyn is geliefd vir haar tienerliefdesverhale soos Meisie Op die Dak.

‘n Hart is net atome is ‘n fantastiese grafiese roman deur geliefde jeugboekskrywer Cecilia Steyn en illustreerder Danielle Albertyn.
Pho is ‘n Chinees-Afrikaanse meisie met ‘n ystervuis, maar haar tradisionele Chinese pa keur nie sy dogter se boks goed nie. Hy sou verkies dat sy meer tyd aan haar studies spandeer. Theo, Pho se aantreklike beste vriend en grootste ondersteuner, sit met dieselfde penarie: hy wil ‘n wetenskaplike word, maar sy ma wil hê hy moet die familie se pizzeria oorneem. Pho het egter nog ‘n probleem: sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het net oë vir Nisa – die gewildste meisie in die skool. Nisa stem in om met Theo uit te gaan, maar Pho is vas oortuig Nisa doen dit net om haar eks jaloers te maak. En so begin Operasie Sabotasie – met skreeusnaakse gevolge. ‘n Hart is net atome is perfek vir liefhebbers van romantiese komedie.

Cecilia Steyn Illustrator: Danielle Albertyn

R200.00

Available on back-order

SKU: 9780639601632 Categories: , , ,

Description