Site icon Book Hub

B2S: Leer my lees Vlak 5 Tippie boekpak (Sagteband, 10 boeke) Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustreerder: Zinelda McDonald

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! LEER MY LEES met Tippie, Vlak 5 is die perfekte oorbruggingsreeks, voordat kinders ‘n verskeidenheid tekste met selfvertroue, uitgebreide woordeskat en begrip kan lees. Die LEER MY LEES-reeks bevat kort, prettige stories oor alledaagse avonture wat vermaaklik is en waarmee die leser kan identifiseer, maar woordeskat, taal en begrip word tegelykertyd ontwikkel. Elke boek bevat ‘n woordeskatlys, begripsvrae, hoër orde denkvrae, vrae om visuele geheue te stimuleer asook verskeie taalaktiwiteite gebaseer op die leesstuk. Dit is gerig op Grade 1-3. Boeke in die Vlak 5 boekpak: 1. Tippie en Buks juig 2. Tippie se vakansie 3. Tippie en die tandemuis 4. Tippie in die wildtuin 5. Tippie se plan 6. Tippie en die kompetisie 7. Tippie braai vleis 8. Tippie en Buks speel 9. Tippie en die skaapskeerders 10. Tippie en die orkes

Exit mobile version