Description
Diep, diep in ‘n donker bos,
waar die son net soms deur die takke loer,
woon die Babalela en al sy maats.
Babalela is die Sesothowoord vir kleintjie, en dis dan ook waar die Babalela sy naam vandaan kry. Die Babalela is ‘n diertjie soos wat geen mens ooit tevore gesien het nie, en hy woon in die bos.
Dan kom ‘n man eendag verby, en kom op die ongewone diertjie af. Getrou aan die mens se aard, vang hy die Babalela en neem hom saam sodat die eienaardige verskynseltjie ondersoek kan word. Die verhaal vertel van die Babalela se avontuur en die gelukkige afloop daarvan.
Die illustreerders, Andries en Erica Maritz, is twee talentvolle Suid-Afrikaners wat tans in Australië werk. Hulle werk is kleurvol en vol beweging, humor en emosie. Hulle illustrasies laat werklik reg aan die verhaal geskied.