Babalela 02: Diep, diep in ‘n donker bos (sagteband, 44 pg, geïllustreer, ouderdomsgroep 6 – 9) Martie Preller Illustreerder: Erica en Andries Maritz

DIE GEWILDE BABALELA REEKS IS NOU WEER BESKIKBAAR!  Diep, diep in ‘n donker bos, is die langverwagte opvolg op die topverkoper prenteboek, Babalela, wat reeds duisende jong lesers bekoor het. ‘Wie woon nog in die diep en donker bos?’ wou almal weet, en sommer daar en dan is besluit om die Babalela se aanhangers bekend te stel aan die ander bosbewoners. Lees meer hieronder.

Martie Preller

R120.00

Available on back-order

SKU: 9780637002691 Categories: , ,

Description

Diep, diep in ‘n donker bos, is die langverwagte opvolg op die topverkoper prenteboek, Babalela, wat reeds duisende jong lesers bekoor het. ‘Wie woon nog in die diep en donker bos?’ wou almal weet, en sommer daar en dan is besluit om die Babalela se aanhangers bekend te stel aan die ander bosbewoners. Daar is Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; die agt Fripperwakkies wat nie vir ‘n oomblik ophou kwetter nie en natuurlik die Babalela, die enigste een wat al ooit ‘n avontuur buite die bos beleef het. Maar nie vir lank nie … Die ander bosbewoners is vasbeslote om ook die wye wêreld buite die bos te gaan verken. Hulle hou egter nie rekening met al die gevare wat in die stad op hulle wag nie, en kort voor lank is al die bosdiere toegespyker in bokse. Sal die Babalela hulle uit hierdie verknorsing kan red?