Babalela 04: Ons kan! (sagteband, 44 pg, geïllustreer, ouderdomsgroep 6 – 9) Martie Preller Illustreerder: Erica en Andries Maritz

DIE GEWILDE BABALELA REEKS IS NOU WEER BESKIKBAAR! In die vierde Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op ‘n dag ‘n nare gerammel in die bos is. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Lees meer hieronder.

Martie Preller

R120.00

Available on back-order

SKU: 9780637002738 Categories: , ,

Description

Diep, diep in ‘n donker bos,
waar die son net soms deur die takke loer,
woon die Babalela en al sy maats.

In die vierde Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op ‘n dag ‘n nare gerammel in die bos is. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom ‘n reuse-stootskraper. Soos ‘n kwaai bul loop die stootskraper ‘n klomp bome storm. Die bome knak, vou en val. Oral le daar bome en bosse rond wat die stootskraper omgeruk het. As die Babalela en sy maats, Wrrrumpie, Meermoskat, Potifant, Knortand en die agt Fripperwakkies, nie vinnig ‘n plan maak nie, gaan daar niks van hul geliefde bos oorbly nie!