Best Books vir klaslees: Die emmerskoplys (Oktober 2023, Sagteband, 120 pg, Leermiddels) Heléne de Clercq

Die emmerskoplys is gerig op Graad 5 Afrikaans EAT-lesers en sluit kontekstuele vrae in wat onderwysers en opvoeders kan gebruik om gesprekke uit te lok en leerders se leesbegrip te toets. Die memorandum asook ekstra onderrigmateriaal word gratis na publikasie van die boek op bestbooks.co.za gelaai. Lees meer hieronder.

Heléne de Clercq

R150.00

Available on back-order

SKU: 9781776073733 Categories: ,

Description

Die verhaal neem die lesers op ʼn lugballonavontuur saam met Katerien, Stef, Ouma Kathie en ʼn Great Dane-brak – Krummel. Ouma Kathie se emmerskoplys neem hulle letterlik na hoër hoogtes. Die titel vorm deel van die Best Books vir klaslees-reeks wat fokus op leesboeke wat EAT-leerders in die klas kan lees. Die memorandum vir die kontekstuele vrae agterin die boek, asook ekstra onderrigmateriaal, word gratis na publikasie van die boek op bestbooks.co.za gelaai.

Heléne het onderwys studeer en daarna vir ‘n jaar as au pair in Oostenryk gewerk. Gedurende haar onderwysloopbaan het sy laerskoolleerders se lewens aangeraak as Grondslagfasejuffrou, maar ook later as Afrikaansonderwyseres vir die Intermediêre Fase en as skoolbibliotekaresse. Heléne en haar gesin woon in die Swartland.