Daar’s ‘n towerponie in my bed (Mar 2023, Hardeband, 40 pg, Kleuterfiksie 3+) Martelize Faber, Elsabé Ebersöhn

Nou beskikbaar. ’n Magiese leeservaring wat die ouderdomsgroep groot genot sal verskaf; die pragtige illustrasies deur Elsabé Ebersöhn prikkel die verbeelding en dra by tot die vertel van die storie. Lees meer heironder.

Martelize Faber, Elsabé Ebersöhn

R170.00

Available on back-order

SKU: 9780637001373 Categories: , , ,

Description

Die dag toe Lia die sagte pienk en pers towerponie met die blink horing uit die geskenksak haal, het alles verander…
Wanneer Lia se ma in die hospitaal opgeneem word, gee Lia se ouers vir haar ’n geskenkpakkie: ’n skulp, ’n sepie, ’n haarknippie en ’n towerponie genaamd Reënboog om haar te troos. Min weet hulle presies hoeveel Reënboog haar deur die moeilike tyd gaan help!
Lia en Reënboog sal kinders op ’n toweragtige reis neem na avonture waarvan ’n mens slegs kan droom. ’n Moet-lees-boek vir elke kind wat vertroosting nodig het in moeilike tye!

DIE SKRYWER
Martelize Faber het grootgeword op die plaas Skietlaagte buite Viljoenskroon. Sy behaal ’n BCom Rekeningkunde graad asook ’n NOS. Een van haar rympies is in Rympies vir Pikkies en Peuters opgeneem. In 2021 behaal sy tweedeplek in Storiewerf se skryfkompetisie met haar verhaal Maanpêrels. Tans woon sy op ’n plaas in die Jacobsdal distrik saam met haar man, William, en hulle twee dogtertjies, Kaitlyn en Emma.
DIE ILLUSTREERDER
Elsabé Ebersöhn het ingenieurswese studeer voordat sy haar besigheid, “Illustrations by Elsabé”, begin het. Sy hou nooit op leer nie en hou daarvan om nuwe tegnieke, style, mediums en konsepte te verken.