Description
10 000 hoenders is vasgevang in ‘n hoë-tegnologie-hoenderplaas. Wie sal hulle kan red? Dit klink soos ‘n missie vir die nuutgestigte Goor Gawies-klub.
Mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha is gereed vir die uitdaging. Maar daar is een klein probleem … Een van hulle is baie lief vir hoendervleis. Maar toemaar, hulle is mos nou Goeie Ouens. Wat kan tog nou verkeerd gaan?
Dié prettige boek is van bladsy 1 tot 144 vol snaakse illustrasies wat lui lesers sal geniet!