Die verdwyning van Seamus Smit, deur Seamus Smit (Sagteband, 128 pg, Kinders – Ouderdomsgroep 10 – 12) Nerine Ahlers

Die boek is ‘n naaswenner van LAPA se Jeugromankompetisie. Nerine het saam met Alet Steenkamp talle boeke vir tieners geskryf. Die gewilde “SSS-reeks”, met titels soos Selfone, skelms en sjokolade, is ‘n voorbeeld. Lees meer hieronder.

Nerine Ahlers

R170.00

Available on back-order

SKU: 9781776354573 Categories: , , ,

Description

Toe Seamus wakker word, is sy bene weg. Hulle het net verdwyn. Hy kan nie vir sy ma daarvan sê nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag ‘n belangrike onderhoud. Hy wens hy het geweet wat om te doen. Is dit ”n siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle dertien is en praat net niemand daaroor nie. Dan begin die res van sy lyf te verdwyn. Hy besef hy het probleme. Groot probleme. En daar begin die vreemdste dag van sy lewe … Die boek is ‘n naaswenner van LAPA se Jeugromankompetisie. Nerine het saam met Alet Steenkamp talle boeke vir tieners geskryf. Die gewilde “SSS-reeks”, met titels soos Selfone, skelms en sjokolade, is ‘n voorbeeld.