Description
Dierestories 1 is die eerste in ’n reeks diereverhale versamel deur G.R. von Wielligh. Die diereverhale wat Von Wielligh versamel het van die Khoi-Khoi, is van die oudste diereverhale in Suid-Afrika. Met die nuutste uitgawe kry die verhale ’n nuwe baadjie met die pragtige illustrasies van Dale Blankenaar. Dierestories 1 bestaan uit 15 stories. Daar word onder andere vertel van die groot geveg tussen die lopende en die vlieënde diere; wie die voëls, die insekte en die diere as koning verkies het en ons maak kennis met Jakkals Spitsneus en arme, dom Wolf.
G.R. von Wielligh (1859–1932) was ‘n Afrikaanse skrywer en ‘n belangrike oorgangsfiguur tussen die Eerste en Tweede Taalbeweging.