Description
Dierestories 2 is die tweede in ‘n reeks diereverhale versamel deur G.R. von Wielligh en volg op doe uiters gewilde Dierestories 1. Die diereverhale wat Von Wielligh versamel het van die Khoi-Khoi, is van die oudste diereverhale in Suid-Afrika. Dale Blankenaar se illustrasies gee nuwe lewe aan die diere se kaskenades. In Dierestories 2 maak ons kennis met nuwe dierekarakters soos Tier, Krokodil en Hasie. Arme Wolf kry dit nog op sy moses met Jakkals se skelmstreke!
G.R. von Wielligh (1859–1932) was ‘n Afrikaanse skrywer en ‘n belangrike oorgangsfiguur tussen die Eerste en Tweede Taalbeweging.