Druk speel! ‘n Gids vir filmstudie in die klas (Sagteband, 80 pg, Ouderdome 13+, Leermiddels – Algemeen) Leon van Nierop

Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ‘n genre in jou klas moet behandel? Druk speel! is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help flimstudie met leerders se verbetering van visuele geletterdheid nie, maar dit bevorder ook kritiese denke. Volkleurfoto’s van Suid-Afrikaanse films word gebruik om filmiese aspekte te verduidelik. Aspekte wat onder andere bespreek word, sluit in: verskillende vorme van films, kamerawerk, redigering, kostuums en grimering, musiek en klank, hoe om resensies te skryf.

Leon van Nierop is een van Suid-Afrika se bekendste filmresensente. Behalwe TV-aanbieder en -vervaardiger en rolprentresensent vir verskeie publikasies, radio en televisie, is hy ook ‘n dosent, hy was spesiale professor in film en is steeds ‘n beoordelaar wat op verskeie panele dien. Sy vorige boek oor Filmstudie is heeltemal uitverkoop. Hierdie nuwe titel kan met vrug vir Huistaal en Eerste Addisionele Taal gebruik word, vir IEB- en staatskole. Die fokus van die boek is om die onderwyser in die klas met hierdie genre te help, deur voorbeelde van take en vrae vir die eksamen. Resensies en ‘n onderhoud met ‘n vervaardiger is ook ingesluit.

Leon van Nierop

R280.00

Available on back-order

SKU: 9781776355525L Categories: , , , Tag:

Description