Elle-reeks: Omnibus 2 Rocksusters, Duinebesies, Franse Vlegsel (13+)

Die Elle-reeks is tienerfiksie wat humoristies geskryf is en ‘n sterk heldin bevat.

Christien Neser

R320.00

Available on back-order

SKU: 9780799399714 Categories: , ,

Description

Nog drie boeke in die immergewilde reeks vir meisies
In die volgende drie boeke van die Elle-reeks beleef Elle en haar vriende klomp avonture.
In Rocksusters kan Elle nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Die Musikanto is ʼn splinternuwe, landswye skolefees. Maar eers moet die skoolorkes genoeg geld insamel om in ʼn ordentlike hotel te gaan bly …
In Duinebesies moet Elle teësinnig na Namibië gaan om saam met haar oom Eddie goggas te vang. Belaglik! Tog is die woestynuitstappie baie meer opwindend as wat Elle verwag het. Dit het dalk te make met ʼn paar manstudente in die navorsingsgroep wat enige meisie twee keer laat kyk.
In Franse vlegsel gee die woord losloper vir Elle koue rillings … Dit is presies wat sy hierdie jaar gaan wees wanneer Alex op ʼn 4×4-toer gaan. Die enigste lekker ding wat vir Elle voorlê, is haar vakansie na Parys in Frankryk saam met Refi. Maar ʼn uitruilstudent met stoute groen oë maak ʼn onverwagse opwagting, en hy doen vreemde dinge aan Elle se hart.