Elle-reeks Omnibus 4 – Droomkans / Vreesloos / Roekeloos (Sagteband, Tieners 13+) Christien Neser

In hierdie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … Insluitend ‘n nuwe storie!  Lees meer hieronder.

Christien Neser

R300.00

Available on back-order

SKU: 9781776355730 Categories: ,

Description

Terwyl Elle nog kopkrap oor haar droomrok vir die matriekdans, duik daar onverwags ‘n paar nagtelike besoekers en groot moeilikheid by die koshuis op. En boonop is mevrou Bender, die skoolhoof, vasbeslote dat Elle met ‘n unieke projek vorendag moet kom om haar jaar as hoofmeisie van Gravitas op ‘n onvergeetlike noot af te sluit. Sal sy haar droomkans kry?

In Vreesloos is Elle vrek bang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ‘n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul
groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans.

In Roekeloos wag Elle op haar matriekuitslae. Sy het pas ‘n heerlike matriekvakansie gehad en nou wag die realiteite van die wêreld buite skool op haar. Watter keuses moet sy maak en wat gaan die toekoms vir haar inhou? ‘n Splinternuwe boek in die Elle-reeks!