Description
Justin Chase het MAANDAG skaars oorleef, en nou is dit DINSDAG! Sy kat is steeds weg en is waarskynlik deur aliens ontvoer. Hy skaam hom meer as ooit vir sy pa. Hy het op die ergste manier moontlik ’n internetsensasie geword. Boonop val fotodag saam met die Wetenskap Skouspel, wat ontaard in ’n bibberboud- en tandeklapramp van epiese proporsies!
MATT COSGROVE is die topverkoper-outeur/illustreerder van Macca the Alpaca en die Epic Fail Tales-reeks. Hy is gebore en het grootgeword in Wes-Sydney. Hy hou van sjokolade, om sosiale interaksies te vermy en nóg sjokolade. EVA AMORES is ‘n skrywer en ontwerper/fotograaf wat vir die Sydney Opera House en die ABC gewerk het. Sy is in die Filippyne gebore en het op hoërskool na Australië verhuis. Sy hou van skoene, reis en nóg skoene.