Hoezit! 8: Die wonderwêreld van roofdiere (Afrikaans, Paperback, 48 pg) Jaco Jacobs, Fanie Viljoen Series: Hoezit! 8

Hoeveel tande het ’n witdoodshaai? Wie spog met die kragtigste kake in die diereryk? Watter valk kan so vinnig soos ’n Formule 1-renmotor op sy prooi afpyl? Watter vreesaanjaende roofdiere het in die oertyd geleef? Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wereld van roofdiere te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwereld van roofdiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Ontmoet ’n paar vreeslose jagters in die insekwereld, kyk hoe ’n verkleurmannetjie sy prooi bekruip, en vind uit hoe dinge in ’n leeutrop werk. Hoezit! het die afgelope paar jaar ’n bekende naam op tydskrifrakke geword. Die lekkerleestydskrif vir kinders is ’n nuttige vriend in die klaskamer – en boonop vet pret. Die tydskrifformaat van Hoezit! het plek gemaak vir ’n interaktiewe webtuiste propvol inligting en vermaak. En die goeie nuus is dat LAPA Uitgewers nou Hoezit! in boekvorm uitgee – met splinternuwe temas en aktiwiteite wat perfek is vir skooltake en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.

Jaco Jacobs, Fanie Viljoen

R95.00

Out of stock

SKU: 9780799378986 Categories: , , ,

Description