Description
Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul. Sean hou duim vas vir ‘n inter-meer-al-ruimtewurm, maar al wat nou bestaan is hierdie heelal en hierdie realiteit. Om die waarheid te sê, hy dink hy het beland in een van die heelalle van Sean wat beslis ‘n fabrieksfout was.
Dit tot hy vir Mika ontmoet het en hulle lewens nooit weer dieselfde sou wees nie.
Altans, nie in hierdie heelal nie …