Lekker Liewe Heksie-stories: ‘n Leesboek-omnibus (Maart 2023, Sagteband, 208 pg, ouderdom 6-9 yr) Verna Vels, Vian Oelofsen

Nou beskikbaar.. Hierdie omnibus bevat 10 van die gewildste Liewe Heksie-stories, met eenvoudige teks en kleurvolle prente om dit perfek te maak vir voorlees en beginners wat self lees.  Lees meer hieronder.

Verna Vels, Vian Oelofsen

R250.00

Available on back-order

SKU: 9780798183567 Categories: , , Tag:

Description

Liewe Heksie is seker die bekendste kinderboek-karakter in Afrikaans en Verna Vels se tydlose verhale sorg al vir meer as 50 jaar dat kinders die genot van lees en boeke ontdek. Die onskuldige, vriendelike heksie, Levinia, en al die bewoners van Blommeland laat oud en jonk steeds skater met hulle manewales. Vian Oelofsen se lewendige illustrasies sorg dat Liewe Heksie en haar maats se avonture nog net so bekoorlik is soos altyd. Hierdie omnibus bevat 10 van die gewildste Liewe Heksie-stories, met eenvoudige teks en kleurvolle prente om dit perfek te maak vir voorlees en beginners wat self lees.

Oor die skrywers: Verna Barbara Robertson Vels is op 13 Junie 1933 op Reitz in die Vrystaat gebore. Die Liewe Heksie-stories is aanvanklik as radioverhale aangebied en die eerste een is in 1961 op die kinderprogram Siembamba uitgesaai. Vian Oelofsen is ‘n voltydse kinderboekskrywer en -illustreerder. Hy werk vir plaaslike, sowel as internasionale uitgewers en het al meer as 50 boeke vir kinders geïllustreer. Hy is veral bekend vir sy illustrasies van die gewilde Liewe Heksie en Haas Das-reekse. Hy woon in Stellenbosch.