Liefde laat jou rice krispies anders proe

Marzanne Odendal is ’n uitgesproke tiener – en ouens is min of meer die laaste ding waarin sy belang stel. Haar beste vriendin, Nadia, raak egter gereeld halsoorkop verlief – op ouens soos Armand Hattingh, die rugbykaptein wat glo die son skyn blokkies as hy op ’n tuinstoel gaan sit. Maar dan begin sy uit die bloute e-posse van ’n geheimsinnige anonieme digter kry wat lyk asof hy weet hoe meisies se harte klop … Graad 6 – 7 HT / Graad 8 – 9 EAT

Tania Brink

R150.00

Available on back-order

SKU: 9780799340853 Categories: ,

Description

Marzanne Odendal is ’n uitgesproke tiener wat daarvan droom om eendag ’n beroemde joernalis te word. Ouens is min of meer laaste op haar lysie van dinge waarin sy belang stel – sy gaan eendag rondom die wêreld reis op soek na opwinding en avontuur, sonder ’n jaloerse kêrel of ’n man en kinders wat haar by die huis hou. Maar haar beste vriendin, Nadia, is ’n kenner as dit kom by verlief wees. Sy glo as jy eers jou hart op ’n ou verloor het, is nks meer dieselfde nie – jou kleinboetie kry dit skielik nie meer reg om jou te irriteer nie, jy kry sommer lus en gee jou mees gehate onderwyser ’n drukkie en selfs jou Rice Krispies proe anders Marzanne, aan die ander kant, sal eerder kaalvoet deur ’n skeermeslemmetjiefabriek stap as om met iemand soos Armand Hattingh uit te gaan. Ouens soos dié rugbyheld met sy uitdagende glimlag en sy simpel idees oor Shakespeare is beslis nie haar idee van pret nie. Hy dink boonop die son skyn blokkies as hy op ’n tuinstoel gaan sit. Maar toe Marzanne uit die bloute geheimsinnige e-posse van ’n anonieme digter begin ontvang, verander haar idees oor seuns (en die liefde) stadig maar seker Hierdie prettige, romantiese en skreeusnaakse liefdesverhaal vir tienerlesers is nie verniet een van die grootste topverkopers in Afrikaans die afgelope paar jaar nie. Lesers se tone sal omkrul van lekkerkry terwyl hulle saam met die hardkoppige heldin probeer uitvind of liefde régtig jou Rice Krispies anders kan laat proe … Graad 6 – 7 HT / Graad 8 – 9 EAT