‘n Beeldskone nagmerrie (Sagteband, 112 pg, Kinders, Tieners 15+) Sunel Combrinck

Hierdie boek en reeks is perfek vir aanhangers van skrywers soos Cassandra Clare, Holly Black, Leigh Bardugo en Sarah J Maas. Lees meer hieronder.

Sunel Combrinck

R180.00

Available on back-order

SKU: 9780637001472 Categories: , , Tag:

Description

Die storie voor die storie. Voor die ontstaan van Tír na hÓige, die fae-ryk, was die fae as slawe en gevangenes van die mense aangehou. In hierdie tyd word daar ’n profesie gemaak: ʼn Faedogter sal gebore word uit beide die Winter- en Somerryk. Sy sal die enigste een wees met die vermoë om haar opeising as Volbloedfae te stop en sal ook kan kies aan watter ryk sy opgeëis word. Sy sal met die menskoning trou en oor mense heers waarna sy alle mense sal uitwis. Melody is die kind van die profesie. Sy word groot as wisselkind; ’n faedogter wat tussen mense grootgemaak word. Toe Melody die mense se troonprins, Donohue, ontmoet lyk dit of haar toekoms reeds uitgelê is. Gaan sy die pad van die profesie loop, of wag daar ’n ander toekoms op haar? ’n Beeldskone Nagmerrie speel af voor Hartklop, die eerste boek in hierdie opwindende nuwe fantasiereeks. Die reeks bevat ’n pragtige liefdesverhaal, aksie en intrige, met onverwagse wendings in ’n magiese wêreld. Die boek en reeks is perfek vir aanhangers van skrywers soos Cassandra Clare, Holly Black, Leigh Bardugo en Sarah J Maas.