Om ‘n leeu se bek toe te bid (Sagteband, 288 pg, Kinders, Tieners) Jan Vermeulen

Ses tieners op ‘n vasbyt-kerkkamp in die veld, elkeen met hul eie geheime en vrae oor geloof. Die matriekseun wat hulle lei, vol drome van dominee word maar sonder studiegeld. Een afgetrede sirkusleeu en die geblikte jagter agter hom aan. ‘n Plaas met ‘n verlede vol ongeregtigheid, nou deur droogte geteister.  Lees meer hieronder.

Jan Vermeulen

R250.00

Available on back-order

SKU: 9780637004336 Categories: , ,

Description

Jan Vermeulen se meesleurende nuwe jongvolwasseneverhaal gaan jou van begin tot einde op die punt van jou stoel hou en nuut laat dink oor gebed, geloof en genade. Die storie bevat ‘n tikkie avontuur, ‘n tikkie liefde, ‘n tikkie geloof en hope naelbyt-spanning. Jeanette Ferreira, skrywer en redakteur, sê die volgende oor die verhaal: Sprankelende titel. Lieflike verhaal. Spannend van die openingstoneel af tot op die allereinde. Daarby vol spitsvondigheid.