Praat jy! Idees vir die skep van ‘n skryfkultuur in die klas (Sagteband, 176 pg, Leermiddel) Thérèse Hulme

Hierdie boek is ideaal vir gebruik in die klas om leerders se skryfvaardighede te ontwikkel en is belyn met die KABV-riglyne.
Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ‘n tydperk van sewentien jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseeerde gemeenskappe in die Wes-Kaap. Laat haar narratiewe benadering jou inspireer om ook uit niks uit ‘n skryfkultuur in jou klas te vestig. Om jou daarmee te help is die boek vol kopoopmaak-vrae en praktiese oefeninge vir leerders, herkouvrae vir onderwysers en besprekings wat nuwe insigte bring na KABV-taaldoelwitte. Maar dis veral die stories, gedigte, dramateks en rymkletse van die jong skrywers van haar piemp en Yoh!-skryfgroepe wat jou verbeelding én die van leerders in jou klas sal aangryp!

Hierdie boek is ‘n eerste in sy soort, maar kan vergelyk word met ‘n niefiksieboek soos Help! My kind is anders deur Christien Neser. Beide
boeke dien as gids vir onderwyser en ouer vir die spesifieke onderwerpe.

Thérèse Hulme

R220.00

Available on back-order

SKU: 9781776354559 Categories: , ,

Description