Saartjie die spinnekop met sewe bene (Junie 2023, Sagteband, 40 pg, Kinders Prenteboeke) Riana Scheepers Illustreerder: Elsabé Ebersöhn

Nou beskikbaar. Saartjie lyk glad nie soos ʼn gewone spinnekop nie, sy lyk meer soos ʼn krap! Klik om ‘n uittreksel te lees: Saartjie. Lees meer hieronder.

Riana Scheepers Illustreerder: Elsabé Ebersöhn

R150.00

Available on back-order

SKU: 9780637001908 Categories: ,

Description

Saartjie lyk glad nie soos ʼn gewone spinnekop nie, sy lyk meer soos ʼn krap! As sy haar voorpote optrek, sal jy sowaar dink dis ʼn klein krappie wat op die blom sit. Maar, Saartjie IS ʼn spinnekop, want het jy al ooit ʼn krap op ʼn blom sien sit? Daar is nog iets anders wat Saartjie anders as ander spinnekoppe maak: Sy het net sewe bene. Hoe het dit dan gebeur? In hierdie voorleesboek vir kleintjies en kleuters word op ʼn prettige manier verduidelik waarom insekgif die verskriklikste ding op aarde is; ook dat spinnekoppe nie doodgemaak hoef te word net omdat mens hulle nie verstaan nie. En dat kinders met ʼn kennis en liefde vir die natuur, sommer baie slimmer as grootmense is.