Sizwe Spring (Afrikaans, Paperback, 32 pg) Gaia Cornwall; Illustrated by Gaia Cornwall; Translated by Jaco Jacobs

Sizwe is (amper) absoluut gereed vir ’n dapper duikslag!

Dis nie maklik om genoeg moed bymekaar te skraap vir jou eerste groot duikslag nie, maar Sizwe is amper absoluut gereed vir die groot sprong.

Sizwe is beslis gereed om van die duikplank af te spring. Sy swemlesse is agter die rug, hy het sy swemtoets met vlieënde vaandels geslaag, en hy kan spring soos min, so hy is glad nie bang nie. “Dit lyk maklik,” sê Sizwe terwyl hy kyk hoe die ander kinders beurte maak op die duikplank. Maar toe Pappa sy hand ’n drukkie gee, druk hy terug. Hy moet buitendien eers besluit watter spesiale soort sprong hy gaan gee, en hy moet darem seker eers ’n paar strekoefeninge doen voordat hy op die duikplank klim …

In hierdie wonderlike storie oor hoe om jou vrese te bowe te kom, vang Gaia Cornwall ’n roerende oomblik vas tussen ’n geduldige en aanmoedigende pa en ’n vasberade seuntjie wat sommer dadelik jou hart sal steel.

Gaia Cornwall; Illustrated by Gaia Cornwall; Translated by Jaco Jacobs

R160.00

Available on back-order

SKU: 9780799389487 Categories: , ,

Description