NV Augustus: Storiekasteel (Kinders, Sagteband, 64 pg) Liena van der Merwe

Jy word uitgenooi om in Storiekasteel te kom kuier. Daar is nooit ’n vervelige oomblik in hierdie pragtige kasteel nie. Die vriendelike bewoners en hulle maats beleef vele prettige avonture saam. Eers skrik almal hulle boeglam toe ’n verjaardagkoek beweeg.

Die storieboek beslaan 64 bladsye en is van so ’n aard dat kinders so jonk as vyf jaar oud dit sal geniet wanneer dit voorgelees word, maar selflesers tot tien jaar oud sal die teks ook baie interessant vind. Dit is ’n prettige en avontuurryke boek met drie hoofstukke.

Elke storie word vergesel van ’n liedjie, ’n rympie, ’n lewensles en ’n aktiwiteit. Daar is ook ’n handige woordelys agter in die boek. Met kleurvolle karakters bied die boek leesplesier wat kinders meer leer oor vriendskap.

Liena van der Merwe, ’n drama-onderwyser, het reeds talle kindertoneelstukke by verskeie nasionale kunstefeeste die lig laat sien. Storiekasteel is haar debuutkinderboek en die voorloper vir karaktertjies wat later op die verhoog gaan verskyn.

Liena van der Merwe

R175.00

Out of stock

SKU: 9781928530404 Categories: , , , Tag:

Description