Thomas@ Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback, 416 pg, Ouderdomsgroep 10 – 12) Carina Diedericks-Hugo

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Lees meer hieronder.

Carina Diedericks-Hugo

R280.00

Available on back-order

SKU: 9780799391107 Categories: , ,

Description

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus!
Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeug boekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuur belaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot ‘n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in ‘n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat drie titels:
Thomas@SMS.net
Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes ‘n nagmerrieondervinding in ‘n hyser en dan word hy vir ‘n week lank geskors omdat hy ‘n boelie geslaan het. Om alles te kroon begin ‘n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad …
Thomas@nagmerrie.net
Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou – Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi … Maar alles is nie pluis nie. Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graad neges gaan kampeer?
Thomas@aksie.net
Almal is baie opgewonde oor Thomas se kans om ‘n sepiester te wees. Hy het immers ‘n rol gekry in Die Malans van Marthaheim, die gewildste TV-reeks ooit! En sy mede-ster is boonop die aantreklike Fleur Vermaak. Maar kort voor lank begin Thomas vreemde dreigbriewe kry …