Site icon Book Hub

Vampierhokkie (Sagteband, 80 pg, Kinders-Ouderdomsgroep 10-12) Fanie Viljoen Illustreerder: Luan Serfontein

Hoekom gebruik die skool nie die klaskamers aan die westekant nie?
“OMDAT ALMAL WAT SOONTOE GAAN, STERF!”
Daar is ‘n vampier in Laerskool Jakkalsdal. So sê die kinders. Maar is die storie waar? Die hokkiespelers, Zondi, Kayla en Waggie, gaan vandag uitvind. As hulle hierdie spel verloor, word hulle dalk gebyt … Hierdie boek is die tweede in ‘n reeks en volg op Monsterrugby. Albei hierdie boeke is aksiebelaai!

Exit mobile version